Community Site
HomeResults - Logs - FixturesNewsLinksClub InfoSite infoThank a refSign InChat ZoneEvox Sponsorship
 
News > Watter Superliga-klubs het watter speler-aanwinste vir die 2010-seisoen gekry?

Watter Superliga-klubs het watter speler-aanwinste vir die 2010-seisoen gekry?

31/03/2010
Wpclubrugby.co.za het met van die Superliga-klubs gaan gesels en dit is wat die afrigters vir ons gesê het:
 
HAMILTONS:  Anton Moolman, sal vanjaar weer Hammies afrig.  Hamiltons het ‘n super-seisoen in 2009 gehad en is gekroon as die SA klubkampioenspan.
Jason de Villiers (losskakel) is een van Hamiltons se groot aanwinste.  De Villiers, ‘n oud-Matie het ook vir die WP se o.19- en o.21-spanne gespeel.
Die ervare vaskop-stut, Attie Winter, gaan ook sy gewig vanjaar ingooi by Hamiltons.  Winter was lid van die Stormers-groep ‘n paar jaar gelede en het ook vir Griekwas gespeel. Hy het onlangs nog klubrugby in Italië gespeel.
Jeffrey Williams, senter/vleuel van Durban Old Boys, gaan vanjaar vir Hamiltons uitdraf, terwyl die voormalige slot van die Valke,  Tian Fick, ook vir Hammies hierdie seisoen gaan speel.
SK WALMERS:  Labeeb Levy is die senior afrigter by die klub tesame met Adnaan Bassier.
Die voormalige Villagers-skrumskakel, Ashique Wise is ‘n aanwins by die klub asook die oud-NNK-speler, Brent Stevens (losvoorspeler).  Ook van NNK kom Dumisani Mtiya (flank/slot), terwyl Johannes Rooifontein (skrumskakel) vir SK Walmers gaan uitdraf.  Rooifontein het voorheen vir die Griffons en Kraaifontein gespeel.
Regardt de Jager (stut), wat verlede seisoen klubrugby in Engeland gespeel het, is ook ‘n aanwins asook Carlo Moody, senter van Johannesbur Raiders.
Ander aanwinste is Ederies Arendse (heelagter) en Marvin Christians (vleuel).  Arendse het verlede jaar vir Durbanville-Bellville gespeel en Christians vir die Ikeys.
VALSBAAI:  2010 is vir hierdie klub ‘n groot jaar, want Valsbaai sal vir die eerste keer in 9 jaar weer in die WP se top-liga speel.  Brendan Fogorty sal die span se afrigter wees.
Walied Heyns, wat onlangs klubrugby in die Boland gespeel het, (agtsteman) is een van die klub se aanwinste.
Die voormalige WP o.21-vleuel, Frankie Wagenstrom is ook ‘n aanwins asook Brendal Brand (senter) – ‘n speler met provinsiale ondervinding.
Kenny Afrika (slot) is ‘n aanwins.  Hy het verlede seisoen vir NNK gespeel.  Die oud-Villagers-stut Mark Farr draf vanjaar vir Valsbaai uit, terwyl die voormalige Griekwa-stut, SP Blakeley ook in aksie sal wees vir die Valsbaai-span.
VILLAGER:  Die voormalige stut van Frankryk, Pieter de Villiers, is vanjaar die hoofafrigter by Villagers.  Die ervare Mike Bayly sal die agterlyn-afrigter wees, terwyl Steve McIntyre die kondisioneringsafrigter is.  McIntyre was ‘n jaar of wat gelede lid van die Springbok-afrigtingspan.
Villager het ‘n lang lys van spelers wat vanjaar vir die klub gaan speel.
Heno Stoffberg, veelsydige agterspeler, is een van die groot aanwinste. Stoffberg was vir die Maties ‘n groot uitblinker op skrumskakel, losskakel en heelagter.
Ook Jané du Toit (vaskopstut) is ‘n groot aanwins.  Du Toit het verlede jaar vir die Boland gespeel.
Andy Coetzee (skrumskakel) gaan vanjaar vir Villager uitdraf nadat hy verlede jaar ‘n uitblinker vir NNK was.  Paul Visser (voorheen van Tuine-Tech) sal op losskakel/binnesenter diens doen vir Villager, terwyl Charl Kitching (voorheen van SWD) ‘n aanwins op senter is.
Boshoff Muller wat verlede seisoen klubrugby in Engeland gespeel het, sal op haker meeding vir ‘n plek in die eerste span.  Christon van Wyk (vaskop) is ‘n aanwins van die WP Akademie, terwyl die oud-Kraaifonteinspeler, Johandre Lazenby (heelagter), Dirk du Toit (flank) en Dennis Weller-Blader (vleuel) ook aanwinste is.
Duncan Emsley (voorheen van Ikeys) is ‘n nuwe aanwins op vleuel asook die slot van Noordelikes, Henk Franken.  Ander aanwinste is Lucian Jameson, vleuel van SK Walmers, Matt van Eeden (senter wat voorheen klubrugby in Australië gespeel het), Rito Hlungwane (slot van Boland), Rob Tilson (haker van Hamilton) en Adriaan Penzhorn (senter wat oorsee klubrugby gespeel het).
NOORDELIKES NNK:  Afrigter Francois Bonthuys sê hulle sal veral daarop konsentreer op hul eie talent te ontwikkel.  Die klub het ook ‘n klompie aanwinste gekry vir die 2010-seisoen.  JJ Bason (haker) is een van die aanwinste.  Hy het verlede seisoen vir Malmesbury gespeel.  Die oud-Goodwood-haker, Francois Etsebeth, gaan ook die seisoen vir NNK speel.  Andrew Norman van Villagers is ‘n aanwins op skrumskakel.
Die voormalige Wellington-klubspeler, Marnus Pfister (senter) is ook ‘n aanwins, terwyl die oud-Tygerberg-spelers, Kyle Barnes (vleuel) en Esran Consul (senter) ook in aksie sal wees in die NNK-trui.
DURBANVILLE-BELLVILLE:  Pierre Ribbens sal weer die leisels vashou as afrigter.
Een van die aanwinste is Marius Wium (haker).  Wium het voorheen vir Wellington gespeel.  Die oud-WP-Akademie-speler Eddie Harley (haker) gaan ook vir die Durbies speel. Die Prinsloo-boers, Carlo en JP is albei ervare stutte wat in Engeland-klubrugby gespeel het en beide van hulle sal vanjaar vir Durbanville-Bellville uitdraf.  Ook die oud-Hamiltons-speler, Carlo Aspeling (losskakel) en Quinton van Tonder (heelagter van NNK) is aanwinste vir die klub.
Bertie Gerber is vanjaar in beheer van die klub se onder 20-spanne en dinge lyk baie belowend vir die klub vanjaar in hierdie ouderdomsgroep.
Bookmark this page to:Add to Yahoo Bookmarks Add to Facebook Add to Ask Add to Delicious Add to Twitter Add to StumbleUpon Add to MySpace Add to Google Bookmarks

Sign in


News
 

New - One price ADSL R169.00 - GET IT! - Cybersmart Internet Service Provider.

This web site uses Kentico CMS, the content management system for ASP.NET developers. Western Province Club Rugby