KENMERKE VAN ‘N WEN-RUGBYKLUB
RUGBYRUBRIEK DEUR MR H
DIE VOLGENDE SPANNE SKUIP OF EN DIE VOLGENDE SKUIF AF......Geluk aan die volgende spanne wat promosie ontvang het en volgende jaar in 'n hoër liga sal speel:
* Super A - Belhar;
* Super B - Brackenfell;
* Premier A - Langa;
* Premier B - UWC;
* Afd 1 - Busy Bees en of Blue Jets/Young Wesley;
* Afd 2 - Blue Stars, Rocklands;
* Afd 3 - Cor-Serv Violets, Young Brothers.
Die volgende spanne skuif af na die volgende ligas:
* Super B - NNK;
* Premier A - Kraaifontein;
* Premier B - Strand United;
* Afd 1 - Paarl Region;
* Afd 2 - Hamediehs, Atlantis;
* Afd 3 - Whistling Wheels, Perseverance
* Afd 4 - Bishop Lavis, Thistle
WAT IS DIE KENMERKE VAN ‘N WEN-KLUB??....Hierdie tyd van die jaar is die seisoen verby. ‘n Klompie klubs het sukses behaal en heelwat ander nie.
Wat maak van ‘n klub ‘n sukses? Hierso is kenmerke van ‘n wen-klub:
KENMERKE VAN ‘N WENKLUB
11. Georganiseerd in sy optrede en besluite;
12. Betyds in sy optredes en besluite;
13. Los sake op voordat dit probleme word;
14. leiers wat voor vat;
15. leiers wat dinge laat gebeur en nie wag vir dinge om te gebeur nie
16. ‘n samehorigheid en respek vir tradisie. Dit word byvoorbeeld geillustreer deur in klubdrag na wedstryde te reis;
17. aandag aan detail tov fasiliteite van klub
18. kies die regte mense in bestuursposte nie eenvoudig die gewildstes nie;
19. stabiele finansies – dit help nie ‘n klub kry in een jaar baie geld nie, maar die volgende jaar is die geldkraan leeg. Konstante fondse is beter as eenmalige hulp;
20. ‘n goeie sisteem van kommunikasie in die klub. dit sluit in kommunikasie met spelers asook oud-spelers; ondersteuners; borge; omliggende gemeenskap en WP-unie.
GEVAARLIGTE VIR KLUBS
20. Tanende lidmaatskap;
21. swak of geen vergaderings wat plaasvind;
22. swak voorbereiding – oefeninge wat nie planmatig aangepak word nie;
23. swak infrastruktuur
24. swak kommunikasie met die belangrike rolspelers;
25. tekort aan motivering en ondernemingsgees – by sulke klub geld die benadering: “Laat maar eerder Gods water oor Gods akker loop”;
26. “one man shows” by die bestuur ipv ‘n spanpoging;
27. swak besluitneming;
28. ‘n versuim en afwesigheid om die klubs/rugby se protocol te handhaaf. Voorbeelde: lede/bestuurslede is laat vir vergaderings of daag nie op vir vergaderings;
29. afwesigheid van vooraf beplanning;
30. binnegevegte tussen bestuurslede.
31.
32. LIGAWENNERS VIR 2010..... Die volgende klubs het die ondeskeie ligas vanjaar in die WP-klubrugby-kompetisies gewen:
33. 1ste spanne: Super A - Maties; Super B - Belhar; Premier A - Brackenfell; Premier B - Langa; Afd 1 - UWK; Afd 2 - Busy Bees; Afd 3 - Blue Stars; Afd 4 - Korrek-Dienste Violets; Paarl Streek - Vineyards.
34. 2de spanne: Super A - Maties II; Super B - Belhar II; Premier A - Brackenfell II; Premier B - Sir Lowrians II; Afd 1 - UWK II; Afd 2 - All Saints II; Afd 3 - Blue Stars II; Afd 4 - Korrek-Dienste Violets; Paarl Streek - Young Gardens 2.
35. 3de spanne: Super A - Victoriane 3; Super B - Bellville III; Premier A - Paarl III; Premier B - Maccassar III; Afd 1 - UWK III; Afd 2 - Young Wesleys III; Afd 3 - Blue Stars III; Afd 4 - Titans III; Paarl Streek - Riverstones III.
36. Reserwe - UCT 5.
37. Onder 20 - Super A - Maties A; Super B - Collegians A; Groep A - UCT
38.
39.
SPELERS PRYS ORGANISASIE BY NASIONALE KLUBTOERNOOI….'n Baie suksesvolle SAA Nasionale Klubkampioenskapstoernooi is op Stellenbosch gehou.
Hierdie is ‘n SA Rugby-toernooi, maar die gasheer-unie is die WP-unie. Die WP het baie lof ontvang vanaf bestuurders asook spanlede wat aan die toernooi deelneem.
“Ons is vanaf dag 1 soos professionele spelers behandel en al die reëlins was puik. Op en van die veld,” is van die menings wat by die spelers gehoor is.
Ek wil aan almal by die WP Rugbyunie wat betrokke is met die reëlings van die toernooi, baie dankie sê. Jul harde werk het puik vrugte opgelewer.
Ook aan die Maties-rugbyklub by wie se fasiliteite die wedstryde plaasvind, baie dankie vir jul harde en deeglike werk. Onder Belius Potgieter se deeglike beplanning sal daar darem nie sommer iets verkeerds loop nie!!
Die twee WP-klubs, Maties en Hamiltons is ongelukkig geloot om teen mekaar te speel in die semi-finaal en in die wedstryd het die Maties bo uitgekom, maar die Stellenbossers het ongelukkig naelskraap in die finaal teen College Rovers (KwaZulu-Natal) vasgeval.
GELUK AAN WP DISA SPAN…..Die WP Disa-span het weer eens die SA Subunie-toernooi gewen, Baie geluk manne. ‘n Spesiale word van dank aan die afrigter Irvin October en hulpafrigter Winston Baard asook aan Johan Arendse bestuurder.
KOM ONDERSTEUN WP AMATEURSPAN OP NUWELAND.... Die WP Amateurspan het in die Sentrale Afdeling van SARU se kompetisie vir amateurspanne deelgeneem en danksy 'n onoorwonne rekord die halfeindstryd gehaal waar hulle sal speel teen 'n span van die Sentrale-unie. Hierdie wedstryd vind Saterdag op Nuweland plaas as 'n voorwedstryd vir die Curriebekerstryd tussen die WP en die Sharks en ek hoop sommer baie mense sal hierdie WP Amateurspan kom ondersteun.
Die wenner van hierdie semi-finaal sal die Noordelike Unie-span pak.
Die WP Amateurspan is gekies uit klubspelers in die WP wat nie provinsiale kontrakte het nie. Die span dwarsdeur die seisoen puik gelei deur kaptein Jody Burch van Ikeys.
Die uitslae van die WP Amateurspan was as volg: klop Griekwas Platteland 42-19; klop Boland 30-20; klop OP Platteland 52-18; klop Grens 69-0; Klop Grens Platteland 57-20; klop OP 41-7; klop SWD 44-29.
PAARLSE KLUBS SKOP NA DIE PALE….Saterdag sal twee klubs van die Paarl, Young Peoples en Paarl Rangers op Nuweland na die pale skop in Die Burger se gewilde skopkompetisie. R1 000 sal op die spel staan.
Rugbygroete