Community Site
HomeLinksNewsFixtures 2011Matches 2011Club InfoGallerySite infoFacebook & TwitterCape Rugby TVNotice BoardChatSign In
 
News > ONTWAAK DIE SLUIMERENDE REUS?

ONTWAAK DIE SLUIMERENDE REUS?

27/08/2010
‘N RUGBYRUBRIEK DEUR MR H

Is die sluimerende reus besig om te ontwaak?
LANGA, LAGUNYA EN ANDER KLUBS VERTOON PUIK…..Wel as ‘n mens gaan kyk na die puik resultate van klubs soos Langa en Lagyunya is ek geneig om ja daarop te antwoord.
 

Langa het reeds seker gemaak hulle wen vanjaar die Premier B-liga, terwyl Lagunya (geleë in die Nyanga-woongebied) tweede in dieselfde liga is.
Ander rugbyklubs in die sogenaamde swart woongebied areas wat vanjaar puik presteer het, is:
In afdeling 2 staan Buy Bees (Langa) en Blue Jet (Khayelitsha) albei ‘n goeie kans om die liga in te palm.
In afdeling 3 vaar Young Ideas (Langa) ook goed en hulle kan dalk na die einde van die seisoen na ‘n hoër liga bevorder word.
Ook in afdeling 4 is Young Brothers (Gugulethu) ook nog sterk in die prentjie .
Die WP-unie neem met genoeë kennis van hierdie klubs se puik prestasies.
Een van die groot redes vir hierdie klubs se suksesse vanjaar op die veld, is die harde werk vanaf die veld. Hierdie klubs se komitees het hard gewerk om al die stelsels in plek te kry en veral ‘n klub soos Langa se administrasie loop glad.
Welgedaan aan al die klubs en mag julle van krag tot krag gaan.

MATIES VAT-VAT AAN TROFEE…. In Superliga A kort die Maties slegs 1 punt in hul oorblywende 3 wedstryde om die ligatrofee te verower.
Dit lyk dus na ‘n uitgemaakte saak dat die Maroenmasjien weer gekroon sal word as kampioene.

WP AMATEURSPAN NOG OORWONNE….Die WP Amateurspan het sy onoorwonne record gehandhaaf toe hulle vir OP Platteland XV met 52-26 verslaan het.
Die skrumskakel Andy Coetzee van Villagers het 3 van die 8 driee gedruk.

LOTTO VERGADERING – Laas Vrydag het daar ‘n vergadering plaasgevind oor Lotto-aansoeke en klubs het raad ontvang hoe om die aansoeke in te vul.
Dit was ‘n baie suksesvolle vergadering en danksy die wenke wat klubs kon kry is hulle vinnig gehelp en heelwat klubs se aansoeke was reeds Maandag in die pos.
Dit is net jammer dat heelwat ander klubs nie die moeite gedoen het om die vergadering by te woon nie.
Klubs het altyd geld nodig. Die Lotto kan klubs beslis help, maar dan moet jy aansoek doen.
Ek skud maar net my kop vir die klubs wat nie eens die moeite doe nom ‘n Lotto-aansoek in te stuur nie.

NOG IETS OOR DIE KOMPETISIE WAARAAN DIE WP AMATEURSPAN DEELNEEM…. Alle kompetisies waaraan amptelike WP-spanne deelneem val onder jurisdiksie van die SA Rugby-unie. Die benaming van sulke kompetisies kom dus vanaf SA Rugby.

HOEKOM NET 2 PER KLUB? Daar is mense wat brom hoekom slegs ‘n maksimum van 2 spelers per klub gekies word vir die WP Amateurspan.
Klubafrigters het vroeër die seisoen ooreengekom dat hierdie formule gevolg moet word. Dit sou verseker dat die WP Amateurspan ‘n sterk span sal wees, maar ook sal dit verseker dat die klubs nie te veel ontwrig sal word nie.
Die WP Amateurspan se wedtrydbepalinge val midde-in die WP-klubrugbyseisoen.
Indien een klub bv. 6 spelers moet afstaan aan die WP Amateurspan sal dit die klub natuurlik kwaai raak wat sy liga-verpligtinge betref.

TEKEN DIE DATUM AAN….Teken solank die datum van 19 Oktober aan wat op hierdie aand sal die WP Rugby-unie se jaarlikse bekeruitdeling plaasvind.
Hierdie funksie sal weer by Kelvin Grove gehou word.

ALGEMENE JAARVERGADERING VAN WP-UNIE…‘n Ander datum wat gerus aangeteken kan word is Maandag 29 November. Op hierdie dag sal die WP-unie se jaarvergadering plaasvind en ‘n nuwe bestuur sal verkies word.
Met die aanstelling van Jurie Roux as hoof-uitvoerende beampte van SA Rugby, is die amp as vise-president vakant. ‘n Hele paar veranderinge in die bestuur word verwag.

GELUK AAN BEN EN SY SKEIDSREGTERSPAN….Die WP Skeidsregtersvereniging het onlangs ‘n opleidingskamp vir skoliere aangebied. Dit is ‘n uitstekende idée en verdien almal se steun.
Altesame 140 leerlinge het hierdie 3 daagse kursus bygewoon en die terugvoering is dat hierdie kursus beslis ‘n groot bydrae gaan maak om belangstelling in skeidsregters te stu onder die jong geledere.
Baie geluk aan Ben Theron, bestuurder van WP-skeidsregters, en sy span vir hul iniasitief. Dit is ‘n eerste in Suid-Afrika en ons hoop ander unies sal soortgelyke opleidingskampe hou.

MAAK SEKER OOR BOKSMART-DATUMS….Die WP-unie is tans hard aan die werk om BokSmart-aanbiedinge by klubs te doen. Klubs moet egter doodseker maak ten opsigte van die datum en tyd van sulke aanbiedings.
Onlangs was daar ‘n geval van klublede wat die datum verkeerd gehad het.
Om seker te maak oor die tyd en plek van hierdie aanbiedings bel myself of Ben Theron by die kantore van die WP-unie.

KOM VROEG EN ONDERSTEUN WP-SPANNE….Vrydagaand is al drie spanne van die WP (Curriebeker, o.21 en o.19) in aksie op Nuweland. Kom vroeg en ondersteun al ons spanne.
Na laas Saterdag se insinking in Durban sal ons graag weer al die Streeptrui-spanne op die wenpad wil sien.

WP AMATEURSPAN SPEEL TEEN GRENS..Die WP Amateurspan speel Saterdag om 13:00 op Stellenbosch teen Grens Platteland.

Rugbygroete
Herman Abrahams
Bookmark this page to:Add to Yahoo Bookmarks Add to Facebook Add to Ask Add to Delicious Add to Twitter Add to StumbleUpon Add to MySpace Add to Google Bookmarks
 

New - One price ADSL R169.00 - GET IT! - Cybersmart Internet Service Provider.

This web site uses Kentico CMS, the content management system for ASP.NET developers. Western Province Club Rugby