TOEWYDING VAN DANSERESSE ‘N VOORBEELD VIR ANDER
Dit was Saterdagaand baie nat op Nuweland toe die WP teen die Sharks gespeel het. Toe die danseresse op die veld gekom het vir hul passies het dit behoorlik neergesous soos dit gereën het. Ek moet die danseresse gelukwens met hul toewyding en passie waarmee hulle in die stortreën gedans het. Ek weet hulle word betaal om te dans, maar hul toewyding was nogals iets om te aanskou.
Baie klubspelers kan aan daardie passievolle danseresse dink wanneer hulle so maklik wegbly van wedstryde af - as dit slegs lyk na reën!
GROEN-EN-GOUD OP NUWELAND
Hierdie naweek is die Bokke in die Groen-en-Goud op Nuweland in aksie. Dis altyd ‘n baie groot oomblik wanneer die Bokke op die historiese Nuweland uitdraf en die feit dat dit teen Argentinië is, nuweling in die Castle Lager-reeks, maar dit nog meer spesiaal.
Ek wil ook ‘n woord van ondersteuning deurgee aan al die WP-spelers in die Bokspan, naamlik Bryan Habana, Jean de Villiers, Andries Bekker en Eben Etsebeth – mag julle ‘n groot wedstryd hê en spesifiek alle sukses vir Jean – ons Springbok-kaptein van die WP.
STERKTE AAN VROUE
Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om die WP se Vrouespan alle sterkte toe te wens vir hul wedstryd Saterdag om 12:00 teen SWD. Die wedstryd word op Milnerton gespeel.
Met die Bokke wat die naweek speel, is daar geen klubrugby in die WP nie. Die manne kry dus ‘n lekker blaaskans.
In Superliga A sal die klubs die af tyd gebruik om ‘n bietjie boeke te vat. Durbell wil voortbou op hul uitstekende momentum en die seisoen sterk eindig. Die SA Klubkamioenskappe wag ook vir hulle volgende maand en ek hoop dat hul spelpeil op presiese die regte plek sal wees as hulle uitdraf in die SA Klubtoernooi.
Die Maties sal ook hul huiswerk doen, want as hulle bonuspunte in elke wedstryd kry tesame met ‘n sege kan hulle vir Durbell nog inhaal. En ‘n ander span wat sterk staan is hul jonger boetie, Vics.
In Superliga B het NNK vir vuurwerke gesorg toe hulle vir die voorlopers Helderberg verlede naweek oortuigend geklop het.
Helderberg is nog steeds die liga-voorloper, maar met die sege het NNK ‘n effense gaping tussen hom en die derde span, Bellville, geplaas. Dit gaan werklik spanningsvol wees om dop te hou wie van NNK en Bellville gaan onder die top 2-spanne eindig.
Beide die WP se o.19 en o21-spanne speel die nawek op Bloemfontein teen spanne van die Cheetahs.
Die WP se o.21-span sal baie meer konstant aan die wenkant moet wees, as hulle ‘n kans wil staan om in die eindstryde betrokke te wees.
Die WP se o.21-span is tans vierde op die liga. Die 4 top-spanne in die nasionale 21-liga is, in volgorde gespeel; gewen; totale ligapunte:
| Sharks |
4 |
4 |
17 |
| Bulls |
4 |
3 |
15 |
| Cheetahs |
4 |
3 |
14 |
| WP |
4 |
2 |
10 |
Die WP se o.19-span vaar tans beter en is slegs 1 punt agter die voorlopers.
Die puntestand in hierdie liga is (wedstryde gespeel; gewen; totale ligapunte):
Div A
| Bulls |
3 |
3 |
15 |
| Leopard |
5 |
3 |
15 |
| WP |
4 |
3 |
14 |
| Lions |
5 |
3 |
13 |
| Sharks |
4 |
2 |
11 |
| OVS |
4 |
1 |
7 |
| SWD |
4 |
0 |
0 |
Rugbygroete
Herman Abrahams