News
13/05/2011
GRAB THIS OPPORTUNITY……….An important addition to the club rugby scene started when the first episode of Cape Rugby was aired on Cape Town TV.
The show which initially was earmarked for a 30 minutes slot on a Wednesday evening at 21:30 has now been extended to a one hour show.
It is a great initiative and all clubs are urged to use the opportunity to promote their club and sponsors when they will be offered the opportunity.
The show includes results, logs, fixtures, questions and answers, overview on history of clubs etc. The station is an NGO community TV chamel and can be viewed by pointing your antenea ( not dish ) at the Tygerberg transmitter, then tuning in manually. For those that live out of Cape Town or cannot recieve the transmission you may still view the latest episodes online. Here is the link to to Cape Rugby TV
13/05/2011
‘n Rugbyrubriek deur Mr H
‘n Belangrike toevoeging tot klubrugby in die WP is ‘n TV-program oor Kaapse Rugby wat op Kaapstad TV vertoon word.
Oorspronklik sou die program slegs ‘n halfuur duur maar dit sal voortaan ‘n volle uur duur. Die eerste program is pas vertoon en dit kan Woensdagaande om 21:30 gesien word.
Hierdie is ‘n groot geleentheid vir klubs om hulself asook hul borge te promoveer wanneer hulle die geleentheid gebied sal word om aan hierdie program deel te neem.
Die TV-program se inhoud bestaan uit: besprekings oor puntelyste en wedstryde van die naweek; daar is ‘n vraag- en antwoord-sessie asook sal klubs geleentheid kry om oor hul geskiedenis te praat. Cape Town TV is 'n gemeenskaps kanaal en kan ontvang word vannaf die Tygerberg uitsender. Vir die wat die kanaal nie kan ontvang nie, julle kan nogsteeeds die nuutse weergawe hier op die webtuiste sien. Hie is die link na Cape Rugby TV
11/05/2011
DEUR DOK ARENDOOG
Die rede vir die Stormers se nederlaag teen die Crusaders was eenvoudig – die Stormers leer nie uit hul foute nie.
Beide drieë van die Crusaders kon verhinder word indien die Stormers die bal uitgeskop het. In beide gevalle (en die sondaars was Gio Apolon en Conrad Jantjes) was die spelers binne hul eie 22m lyn en hulle kon direk uitskop, maar het versuim om dit te doen.
04/05/2011
Deur Dok Arendoog
Die Stormers kon nie ‘n slegter begin gehad het as wat die geval was teen die Sharks nie.
Die Sharks skop af en die Stormers kan nie die bal bemeester. Keegan Daniel kry besit van die bal sowat ‘n meter vanaf die Stormers se doellyn en ‘n drie vir die Sharks lyk op die kaarte.
Maar die Stormers se spanpoging op die verdediging het hulle deur hierdie krisis gekry en twee minute later (nadat die Sharks die bal deur verskeie fases geneem het), skop Lionel Cronje die bal buite die Stormers se 22m uit. Sjoe dit was amper op die Sharks het gaan druk in daardie 2 minute!
28/04/2011
Rugby Column by Mr H
Two important matches will take place on Saturday at Newlands.
The DHL Stormers will clash with the Sharks and it will be a massive battle.
The WP Vodacom team will face another Natal team in the quarter finals of the Vodacom Cup Competition.
The prize money for the winning team in the Vodacom Cup Competition is a cool R1 million.
This makes it the richest rugby tournament in South Africa.
28/04/2011
Rugbyrubriek deur Mr H
Hierdie naweek vind twee baie belangrike wedstryde op Nuweland plaas.
Die DHL Stormers pak die Sharks en ons wens vir Schalk Burger en sy span alle sterkte met hierdie stryd.
Die WP Vodacom-span speel in ‘n voorwedstryd ook teen ‘n Sharks-span wanneer hulle teen die Natallers in ‘n kwarteindstryd van die Vodacom Beker-kompetisie speel.
Die WP-span is goed geplaas om hierdie kompetisie te wen en indien hulle dit sal regkry sal hulle R1miljoen se prysgeld wen.
Ja – die Vodacom-kompetisie is die rykste kompetisie in Suid-Afrika en dit is dus ‘n groot aansporing vir die spelers.
Die WP Vodacom-span het tot dusver puik rugby vanjaar gespeel en ek hoop hulle gaan in die komende weke van krag tot krag.
19/04/2011
Die een se dood is die ander se brood.
Gary van Aswegen het Saterdag ‘n baie belowende begin gehad in die Stormers se stryd teen die Lions. Hy het gewys hy kan baie akkuraat asook ver skop en het die bal vinnig op losskakel versprei.
Deur DOK ARENDOOG
14/04/2011
A RUGBY COLUMN BY MR H
IKEYS TIGERS OF THE VARSITY CUP....Congratulations to the Ikeys for their victory in the Varsity Cup Competition.
In the final against Tukkies they got hammered by decisions against them by the referee and at half-time they were with their backs to the wall.
But the “Never say die attitude” Ikeys pulled the game through for them.
Well done to the Cape students – your fighting spirit is an example for all other teams in the WP Union.
14/04/2011
‘N RUGBYRUBRIEK DEUR MR H
IKEYS – TIERE VAN DIE VARSITY BEKER-KOMPETISIE........My gelukwense aan die Ikeys met hul sege in die eindstryd van die Varsity Beker.
Die Kaapse studente was vir my ‘n span wat nooit gaan lê het nie en hulle versinnebeeld die uitdrukking “It is never over until its over.”
Ek dink baie spanne kan by die Ikeys gaan leer hoe om terug te veg wanneer dinge moeilik op die veld lyk.
In die eerste helfte het die skeidsregters die Kaapse studente keer op keer gestraf en hulle was met die rug teen die muur. Maar die Ikeys se veggees het nooit getaan nie en hulle het stadig maar seker die lewe uit die Tukkies gewurg.
Skitterend Ikeys! Ons is trots op julle en ook trots dat die Varsity Cup weer eens sy tuiste in die WP Unie kry.
12/04/2011
DEUR DOK ARENDOOG
Rugbyreëls is baie tegnies vandag en dit is veral by die kontak-situasies baie moeilik vir verdedigers om 100% te voldoen aan die vereistes wat die reëlboek stel (dink maar net hoe moeilik dit baie kere vir spelers is om weg te rol nadat hulle ‘n duikslag uitgevoer het)..... Gevolglik speel die oordeel van ‘n skeidsregter ‘n beslissende rol hoe hy hierdie grys areas vertolk. Die “”bottom line”” is dat daar gaan in hedendaagse rugby heelwat strafskoppe per wedstryd wees.
07/04/2011
A Rugby Column by Mr H
A WORD OF THANKS... Thanks to all the players, officials, referees and supporters who played their part in ensuring that the first round matches of the 2011 club rugby season got off to a good start. Let us hope that the 2011 season will be a Big One!!
Congratulations also to the Stormers for a well deserved victory over the Sharks – it was great to see us winning in the Shark Tank.
My best wishes for the Ikeys on Monday’s final of the Varsity Cup and also to the WP Vodacom team for their match against the Pumas this week-end.
07/04/2011
‘n Rugbyrubriek deur Mr H
‘N WOORD VAN DANKIE....Baie dankie aan al die spelers, beamptes, skeidsregters en toeskouers wat gesorg het dat klubrugby in die WP verlede naweek volstoom kon begin. Kom ons hoop dat 2011 se seisoen ‘n grote sal wees.
In dieselfde asem wil ek vir die Stormers gelukwens met hul sege oor die Sharks. Dit was lekker om dit te aanskou!! Alle sterkte en sukses ook vir die WP Vodacom-span asook die Ikeys wat Maandag in die eindstryd van die Varsity Cup gaan speel
Bookmark this page to: