News
12/10/2012
A Rugby Column by Mr H
AWARD FUNCTION….Next Wednesday will be a highlight on the rugby calendar of the WP Rugby Union when the annual Awards Function will be held at Kelvin Grove (see a list of all the cup winners below).
12/10/2012
‘n Rugbyrubriek deur Mr H
BEKERFUNKSIE….Aanstaande Woensdag vind die hoogtepunt van die klubrugbyseisoen plaas wanneer die jaarlikse bekeruitdelingsfunksie gehou sal word by Kelvin Grove (sien hieronder in die rubriek watter spanne vanjaar silwerware huistoe gaan bring).
03/10/2012
A RUGBY COLUMN BY MR H
IT WAS A TEAM EFFORT
My congratulations to all the clubs who participated in the 34 leagues.
The participation and commitment of every club is the reason for the success story of WP Club Rugby.
My thanks to all the players, coaches, committee members, first-aid members and the referees for their contribution and efforts to club rugby in the Western Province.
03/10/2012
‘n RUGBYRUBRIEK DEUR MR H
ELKEEN SE BYDRAE IS BELANGRIK
Ek wil in vandeesweek se rubriek die geleentheid benut om my gelukwense oor te dra aan al die klubspanne wat vanjaar deelgeneem het in die verskillende ligas van die WP Rugby-unie.
Elke klub se deelname aan hierdie wonderlike spel rugby maak ‘n groot bydrae tot die sukses van klubrugby in die WP.
Baie dankie vir al die opofferinge wat almal moes gemaak het tydens vanjaar se klubrugbyseisoen – dit sluit in die spelers, afrigters, bestuurslede, noodhulp-beamptes en skeidsregters en alle ander betrokkenes.
27/09/2012
A Rugby Column by Mr H
ANOTHER GREAT WEEK-END
Another good day at the office for WP Rugby.
The week-end started on a high note when the Western Province Women’s Team were crowned as the SA champions in the National League for Women when they beat the Bulls in the final.
Well done to every member of the team as well as the coach Aslam Abrahams and the manager, Nolene Oosthuizen. We are very proud of your achievement.
27/09/2012
‘n Rugbyrubriek deur Mr H
GOEIE NAWEEK AGTER DIE RUG
Dit was weer eens ‘n goeie dag op kantoor vir WP-rugby.
Verlede naweek het op ‘n hoogtepunt begin toe die WP se Vrouespan as SA kampioene gekroon is nadat hulle die Bulls in die finaal van hierdie nasionale kompetisie geklop het.
My gelukwense aan die span asook afrigter, Aslam Abrahams (hy was vanjaar die eerste keer as afrigter by die span betrokke. Ook my gelukwense aan die keurders en die bestuurspan onder leiding van Nolene Oosthuizen. Welgedaan – julle het die WP-unie baie trots gemaak.
20/09/2012
WATTER BOODSKAP STUUR DIT UIT NA JONG, TALENTVOLLE SPELERS?
‘n Rugbyrubriek deur Mr H
Dit was so byna-byna ‘n Super Naweek vir WP-rugby.
Die eerste skote het reeds Vrydagaand in die Paarl (Faurestraat-stadion) geklap toe die WP se Disa-span die subunie-kompetisie van SA Rugby-unie ingepalm het toe hulle vir die Boland in ‘n spannende wedstryd geklop het.
Die laaste 15 minute was senutergend vir die WP Disa-span, want Boland het met mag en mening aangeval.
Welgedaan aan al die spelers asook die afrigters en bestuurspan van die WP-Disa-span.
20/09/2012
WHAT KIND OF MESSAGE IS THIS TO OUR YOUNG, TALENTED PLAYERS?
A RUGBY COLUMN BY MR H.
NEARLY A SUPER WEEK-END
It was nearly a Super Week-end of Rugby for Western Province.
It started on Friday Evening at the Faure Street Stadium in Paarl where the WP Disa Team defeated a spirited Boland side in the final of the sub-union competition of SA Rugby.
13/09/2012
WP JOU LEKKER DING!!!
A rugby column by Mr H
GREAT VICTORY BY PROVINCE
After the final whistle blew in the Currie Cup Match between Province and the Cheetahs I really enjoyed saying: “WP Jou Lekker Ding!”
It was a great victory – maybe even better than the big win over the Bulls at Newland a couple of weeks ago.
It is difficult to beat the Cheetahs in their own back-yard in Bloemfontein.
13/09/2012
‘n GROOT DAG VIR KAAPSE RUGBY
’N RUGBYRUBRIEK DEUR MR H
Hierdie rubriek se fokus is op klubrugby, maar ek moet vandeesweek begin om die Stormers van harte geluk te wens met hulle skitter-sege oor die Bulls op Loftus.
05/09/2012
LOOKING BACK… AND FORWARD
A RUGBY COLUMN BY MR H
GREAT STUFF WP AMATEUR TEAM
Well done to the WP Amateur Team. They won the southern regional tournament for amateur teams at Oudsthoorn with a 60-20 victory over SWD.
In this match the referee awarded 37 penalties against the WP and only 1 against SWD, but it did not upset the WP Team and they won in grand style – scoring 9 tries.
Eight of the tries were scored by backline players.
05/09/2012
‘N KYK TERUG – EN ‘N KYK VORENTOE
‘n RUGBYRUBRIEK DEUR MR H
WP AMATEURSPAN SPEEL OOK FLUITJIE DISNIS
Die WP-Amateurspan het die WP-unie met groot trots verteenwoordig by die suidelike streek-kompetisie en het die eindstryd teen SWD oortuigend met 60-20 gewen.
Bookmark this page to: